Luukse badsout

LAFENIS VIR JOU LIGGAAM EN SIEL

Wat maak ons luukse badsout so uniek? Ons luukse, ontspannende Badsout is nou beskikbaar in die Kers en Krui winkel. In 'n stylvolle glasbottel met bamboes lepel. Natuurlike bestandele met geen kleurmiddels of sintetiese geurmiddels nie. (Alle bestandele is herwinbaar en benadeel nie die omgewing nie.)

Wat maak dit so uniek en watter voordele hou dit in?


Aromatiese, organiese kruie: 
'n Mengsel van Laventel, Calendula en Roosmaryn om die sintuie sagkens te prikkel.
Essensiële olie mengsel: 
Die unieke mengsel van voordelige aromatiese olies dra by tot 'n ontspannende effek op al die sintuie. Vir 'n totale holistiese ervaring.
Growwe seesout: 
Die growwe seesout in ons luukse badsout, help jou nie net om te ontspan nie, maar dit kan ook: seer spiere en gewrigte verlig, stimuleer sirkulasie en kalmeer geïrriteerde vel.
Himalayan pienk sout:
Een van die bekendste voordele van 'n Himalaja-sout bad is die vermoë om 'n ontspannende en kalmerende ervaring te bied. Ook alombekend om pyn te verlig, stres weg te smelt, moegheid te verminder en emosionele gesondheid te verbeter.
Epsom sout:
Epsom sout word gebruik om spiere te ontspan en pyn in die skouers, nek, rug en skedel te verlig. Byvoorbeeld, deur die spiere rondom jou skedel te ontspan, kan die magnesium in Epsom-sout help om 'n hoofpyn of migraine vry te laat. Hierdie voordeel kan ook seer spiere aanhelp in die herstelperiode na 'n oefensessie.